Tydelike uitkoms vir mediese fondse, maar wie gaan betaal vir ...

NASIONALE GESONDHEIDSVERSEKERING

Tydelike uitkoms vir mediese fondse, maar wie gaan betaal vir alles?

Die regering het ’n reddingstou gegooi na mediese fondse in sy hersiene wetsontwerp oor die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV), maar daar is nog steeds nie duidelikheid oor die finansiering van die fonds nie.En ja, belastingbetalers sal moet opdok, skryf TAMAR KAHN.

DIE regering gaan mediese fondse toelaat om voort te gaan totdat die nuwe fonds vir gesondheidsversekering ten volle geïmplementeer is. Voorsiening word hiervoor gemaak in die hersiene wetsontwerp oor Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) wat in die parlement voorgelê is.

Mediese fondse sal dán eers beperk word tot dekking vir “aanvullende” dienste wat nie deur die NGV betaal word nie.

Dié verwikkeling is ’n welkome gerusstelling vir mediese skemas, administrateurs en makelaars wat gevrees het dat die bedryf onmiddellik deur wetgewing uitgeskakel kan word...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X