Dalai Lama nommer 14: Is dit tot hier toe en nie verder nie?

IKOON

Dalai Lama nommer 14: Is dit tot hier toe en nie verder nie?

Vanjaar is die sestigste herdenking van die Dalai Lama se ballingskap in Indië. In Tibet word dié Nobel-pryswenner, popkultuur-ikoon en geestelike leier se naam nie sommer in amptelike kringe genoem nie. CARIEN DU PLESSIS het nogtans sy teenwoordigheid daar bespeur, terwyl die vrae oor sy opvolger al hoe dringender raak.

BO-OP 'n berg in Lhasa verrys 'n majestueuse rooi en wit gebou, die middelpunt van Tibettaanse Boeddhisme. Stadig, baie stadig, klim ons die trappies. As die Potala-paleis se argitektuur nie jou asem wegslaan en jou kop laat draai nie, sal die hoogte dit wel doen.

Die hoofstad van die Tibet Outonome Streek in China is sowat 3,600 meter bo seevlak (omtrent 100 meter hoër as Thabana Ntlenyana in Lesotho, die hoogste piek in suidelike Afrika) en besoekers moet dinge aanvanklik rustig vat om hoogtesiekte te vermy.

Ons gashere vir hierdie ongewone reis na Tibet was die Kommunistiese Party van China, wat 'n stampvol program vir die ses joernaliste en drie akademici van Suid-Afrika uitgewerk het om Beijing se beste ontwikkelingsplanne te vertoon. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.