OBK koop glo ’n bondgenoot op die Steinhoff-raad

HELPENDE HAND

OBK koop glo ’n bondgenoot op die Steinhoff-raad

’n Lening aan die Lancaster-groep het gesorg dat die batebestuurder ’n goedgesinde op die Steinhoff-raad kry, het die sakeman Jayendra Naidoo bevestig op die laaste openbare verhoor van die Mpati-kommissie van ondersoek na beweerde wanbestuur by die Openbare Beleggingskorporasie, skryf WARREN THOMPSON.

DIE openbare verhore na bewerings van wanbestuur by die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) het vandeesweek ná sewe maande van getuienis ten einde geloop.

Die kommissie van ondersoek onder regter Lex Mpati het afgesluit met getuienis deur die sakeman Jayendra Naidoo, wat die uitgeskopte uitvoerende hoofbestuurder, Dan Matjila, se getuienis bevestig het oor die lening van R9.35 biljoen aan die Lancaster-groep om Steinhoff-aandele te koop.

Dié lening, asook beleggings in ’n aanvanklike openbare aanbod van Iqbal Survé se Ayo Technology Solutions en privaat beleggings onder die Isibaya-fonds van R45 biljoen, is van die hoëprofielooreenkomste wat kritici meen ’n wyer ondersoek regverdig na hoe die OBK van sommige van die R1,8 triljoen van staatsamptenare se pensioengeld aangewend het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.