Skokterapie kom om ineenstorting in SA te keer

IMF: REDDING OF RUÏNERING?

Skokterapie kom om ineenstorting in SA te keer

Cyril Ramaphosa praat van tawwe keuses en Mcebisi Jonas van 'n konstruktiewe ontwrigting van die ekonomie. Die regering is nou vasbeslote om 'n reddingsboei van die Internasionale Monetêre Fonds te vermy, skryf MAX DU PREEZ.

TE midde van 'n hewige nasionale debat oor die krisis in die ekonomie en die voor- en nadele van ʼn massiewe lening by die IMF waarsku die gewese adjunkminister van finansies en Ramaphosa-vertroueling Mcebisi Jonas dat voortslepende swak ekonomiese groei uiteindelik tot 'n “Venezuela-tipe populisme en demokratiese ineenstorting” kan lei.

Jonas skryf in 'n belangwekkende boek wat pas vrygestel is, After dawn: Hope after state capture, dat die sukkelende staatsondernemings die land in duie gaan laat stort tensy ons “moeilike keuses maak” en dit vinnig implementeer. 

“Volgens die huidige skuldtrajek staar Suid-Afrika 'n rondte afgraderings in die gesig wat aan ons rommelstatus by alle groot leners sal besorg, wat die koste van kapitaal sal verhoog en die fiskus verder sal dreineer soos groterwordende betalings gemaak moet word...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.