Sunnyside: ’n Kleindorpiegemeenskap in ’n wêreldstad

’N SUNNYSIDE-DAGBOEK #2

Sunnyside: ’n Kleindorpiegemeenskap in ’n wêreldstad

Kelners groet jou op jou naam. Alles is stapafstand. Mense is toegeeflik. Ná twee maande begin Sunnyside al hoe meer “huis” voel vir GIELIE HOFFMANN. En hy besef hoekom hy die gegons van geselligheid vir geen stilte in die wêreld sal verruil nie …

EK staan en kyk hoe my vooroordele beide bevestig en verkeerd bewys word. Dis ’n Vrydagnamiddag en ek ontvang die Sondag vriende. In die harwar van ’n nuwe woonbuurt en ’n nuwe plek was ek nog nie reg om ’n vaste verbintenis met ’n huishulp aan te gaan nie.

Dit het beteken dat ek op die ingewing van die oomblik ’n versoek gerig het op SweepSouth, die fantastiese toepassing waarop huishulpe geregistreer is wat jou plek volgens voorafbepaalde ure kom skoonmaak. Weens my swak beplanning en die min tyd wat beskikbaar is, is die enigste beskikbare persoon toe Itumeleng.

Sy laat weet sy is by die hek, maar toe ek oopmaak en haar soek, sien ek haar nêrens nie. Ek bel haar, effens gefrustreerd, want in die lewe van toepassings verloop dinge mos vinnig en seepglad. Sy spring vriendelik by ’n nuwe Toyota Corolla uit. Háár kar...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.