As Ramaphosa misluk, draai China die krane toe

MEER AS NET 'N KONSEP NODIG

As Ramaphosa misluk, draai China die krane toe

Al hoe meer Chinese sakelui verlaat Suid-Afrika weens kommer oor die land se ekonomiese penarie. En die onlangse uitlating van ’n Chinese regeringslid dat alle hoop op pres. Cyril Ramaphosa gevestig is, het bykans ongesiens verbygegaan, skryf DARREN TAYLOR.

DIE Chinese ambassadeur in Suid-Afrika, Lin Songtian, se onheilspellende en gelaaide opmerking teenoor die nuusagentskap Reuters verlede week dat pres. Cyril Ramaphosa die land se laaste hoop is, is grootliks deur ander mediagroepe geїgnoreer.  

Tog is hy die mees senior diplomaat wat Suid-Afrika se grootste handelsvennoot verteenwoordig. ’n Man wat praat namens ’n land wat verlede jaar R411 biljoen vir Suid-Afrika geleen het. Die land wat die laaste jare meer belegging as enige ander land beloof het om Suid-Afrika uit sy ekonomiese verknorsing te help.

Lin word min op televisie gesien, en praat deesdae meestal oor China se toenemende handelskonflik met pres. Donald Trump van Amerika. Maar min Suid-Afrikaners weet iets van hom af, al is hy die voormalige hoof van China se departement vir Afrika-aangeleenthede...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.