Die Zumafikasie van Krieket SA

KRIEKETPOLITIEK

Die Zumafikasie van Krieket SA

Die Proteas se teleurstellende vertoning by die afgelope Wêreldbekertoernooi is maar een van die simptome van die onderliggende probleme by Krieket Suid-Afrika. LUKE ALFRED vat die spoor van waar dinge begin skeefloop het.

OP die week na presies sewe jaar gelede was die Proteas op Lord’s in 'n toetswedstryd teen Engeland gewikkel. Hulle was die krieketwêreld se topspan in al die formate – toetse, internasionale eendagwedstryde én T20s – met Gary Kirsten as afrigter van 'n talentvolle geslag spelers, onder wie Jacques Kallis, Hashim Amla, Vernon Philander en Dale Steyn.

Aan die administratiewe front het die trauma van die Gerald Majola-sage uiteindelik tot 'n einde gekom. Ná 'n uitmergelende gestoei wat jare lank aangehou het, is dit oplaas sonder twyfel bewys dat Krieket Suid-Afrika (KSA) se bedryfshoof dubbele bonusse aan homself betaal het nadat Suid-Afrika in 2009 die eindstryd van die Indiese Premierliga (IPL) aangebied het. Majola moes die pad vat.

Jacques Faul het Majola se pos in 'n tussentydse hoedanigheid oorgeneem, en minstens vir ʼn paar kosbare maande het alles goed gelyk in plaaslike krieket se klein en eiesoortige wêreld...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos [email protected] of skakel 0860 52 52 00.

X