POLITIEKE NOTABOEK | Oranje Blanje Blues en God seën Afrika

VERDELEND/VERSOENEND

POLITIEKE NOTABOEK | Oranje Blanje Blues en God seën Afrika

Dit is tyd dat die strofes uit Die Stem uit ons nasionale lied gehaal word, skryf MAX DU PREEZ.

NOUDAT 'n hof bevind het dat die oranje-wit-en-blou vlag van die apartheidsera soveel aanstoot gee dat die openbare vertoon daarvan op haatspraak neerkom, moet ons ook aandag gee aan ons ander nasionale simbool, die nasionale lied.

Die hele doel van 'n volkslied of nasionale lied is dat dit 'n samebindende simbool van nasionale eenheid en trots moet wees. As die drie grootste vakbondgroeperings en die derde grootste politieke party in Suid-Afrika weier om 'n deel van die land se nasionale lied te sing, dan lyk dit asof ons volkslied nie meer dié doel dien nie.

Ons kan sê te hel met hulle, die nasionale lied is deur ons demokratiese parlement as sulks verklaar en hulle moet dan maar hul bekke hou as die strofes uit Die Stem aan die beurt kom. Daarmee sal ons ook dan sê te hel met nasionale eenheid en trots. Of ons kan vra hoekom dié mense 'n deel van die lied onaanvaarbaar vind en of daar nie 'n meer aanvaarbare oplossing is nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.