Van honger bed toe tot honger vir Wêreldbeker-glorie

RUGBY

Van honger bed toe tot honger vir Wêreldbeker-glorie

Dat Siya Kolisi aan die vooraand van die Wêreldbekertoernooi in Japan onder geweldige druk is, ly geen twyfel nie. BRENDEN NEL het met 'n paar mense gesels wat meen die Springbokkaptein kan nie net die druk hanteer nie, maar kan selfs daaronder gedy.

DAAR is druk op hom omdat hy 'n swart rugbyspeler is. Omdat hy 'n swart Springbok-rugbyspeler is. Omdat hy die eerste swart Springbok-rugbykaptein is.

Omdat hy die Springboktrui dra met die nommer ses agterop, beroemd gemaak toe Nelson Mandela die 1995-kapteinstrui van Francois Pienaar aangetrek het om daardie span tot Wêreldbeker-glorie aan te vuur. Omdat hy aan die vooraand van vanjaar se Wêreldbekertoernooi in Japan maar eers verlede week weer gespeel het ná 'n kniebesering. Bowenal omdat Suid-Afrikaners nogmaals hoop die Bokke wen die Wêreldbeker, sodat die land tog net 'n slag iets het om oor fees te vier.

Al hierdie druk stapel nie net op nie, dit vermenigvuldig. En Kolisi is nie 'n superheld nie, hy vóél dit. “Ek voel die druk, definitief,” het hy verlede week met sy kenmerkende glimlag gesê. Elke beweging word met arendsoë dopgehou; alles wat hy sê word ontleed en bespreek. Soos altyd in Suid-Afrika is daar diegene wat nie kan wag om te sien hoe hy misluk nie, sodat hul oneindige skeptisisme tog net reg bewys kan word...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.