Zondo-kommissie: Hoe die stukke van die legkaart ná ’n jaar...

ONDERSOEK NA STAATSKAPING

Zondo-kommissie: Hoe die stukke van die legkaart ná ’n jaar inmekaarpas

Toe die kommissie van ondersoek na bewerings van staatskaping, korrupsie en bedrog op Maandag 20 Augustus 2018 met sy openbare verhore begin het, was daar elektrisiteit in die lug. Die laaste week was die saal amper leeg toe die Vrystaat se voormalige hoof van die landboudepartement, Peter Thabethe, oor die Vrede-melkplaas getuig het. ERIN BATES, wat die verhore bygewoon het, neem die jaar in oënskou.

NET ’n jaar gelede het die ondersoek na staatskaping se verhore in Parktown, Johannesburg, begin. Sedertdien het ek armbande in 'n pakkie versamel – 'n reënboog van groen, pienk, pers en blou plastiek. Op elke armband is die datum van 'n verhoor geskryf. Sommige is geskeur nadat ek hulle afgeruk het na 'n lang dag van regstreekse uitsendings, Twitter-kommentaar en berigte skryf vir televisie en koerante. Die pakkie is my rekord van die verhore.

Die eerste oggend het die voorsitter van die kommissie, adjunkhoofregter Raymond Zondo, vanaf die ondergrondse parkering in die hysbak geklim. Tot my verbasing – en dié van die vername manne in pakke wat hom vergesel het – het Zondo my gegroet. Ek het gevra hoe dit met hom gaan. Zondo het gesê dat hy eers iets soos drieuur die oggend gaan slaap het. Ons moes net na nege gepraat het, want die verrigtinge het tienuur begin. “Dít moet in my boek wees as ek ooit een skryf," het ek gedink.

Al het hy min geslaap, het Zondo gefokus en vasbeslote gelyk. Die klomp veiligheidswagte het om hom saamgedrom en die vlekvryestaal-hysbakdeure het toegegaan. Zondo het na sy tydelike kamers en moontlike die mees veeleisende taak van sy loopbaan gestap...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.