ANC het plek vir net één van Ramaphosa of Magashule

FAKSIESTRYD IN DIE ANC

ANC het plek vir net één van Ramaphosa of Magashule

Dit is reeds baie duidelik dat die ANC nie genoeg politieke ruimte het vir Ace Magashule én Cyril Ramaphosa nie. Ramaphosa weet dat indien Magashule oor twee jaar steeds die sekretaris-generaal van die ANC sou wees, daar ook ’n goeie kans is dat sy eie presidentskap van die regerende party ’n vroeë dood sal sterf, meen PIET CROUCAMP.

ACE Magashule het weer die afgelope week planne bekend gemaak om nuwe party-takke te stig, en daar kan geen twyfel wees dat die leierskap van hierdie takke deur Magashule self bepaal sal word nie. Op dié wyse kan hy sy belofte aan die ANC-jeugliga van KwaZulu-Natal in Februarie 2018, dat Ramaphosa net ’n vyfjaartermyn gaan hê, gestand doen. 

Magashule se grootste probleem is egter dat hy geen beheer het oor die legkaartstukke wat in die nasionale vervolgingsgesag (NVG) se kantore in Silverton, Pretoria, gebou word nie.

Dit is nogal ironies in ag genome sy gewoonte om tydens sy era as meesterpatronaat in die Vrystaat te beweer dat hy die regters van die provinsie in sy kraal en onder sy duim het.  ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.