Boer soek ’n plan: Mega-boere wil deel van die oplossing wees

VOORSPOED DEUR OPHEFFING

Boer soek ’n plan: Mega-boere wil deel van die oplossing wees

Selfs Tito Mboweni het hierdie week erken dat landbou een van die enjinkamers van Suid-Afrika se ekonomiese heropstanding moet wees, maar baie kommersiële boere woeker al lankal met hulle eie planne rondom grondhervorming, die vestiging van swart boere en die opheffing van plattelandse gemeenskappe. ANNELIESE BURGESS vertel van 'n projek wat so grensverskuiwend is dat minister Nkosazana Dlamini-Zuma hierdie week by dié boerdery kom tee drink het.

“KRY jouself op 'n vliegtuig," sê my Chris-broer vir my.  “Daar's goeie nuus in Mpumalanga. Die boere woeker en Nkosazana Dlamini-Zuma gaan  vir hulle kuier. Ons moet die storie vertel, want niemand anders sal nie."

Die pad Delmas toe uit Pretoria is vaal. Wit wintersgras en kaal geploegde landerye. Die landskap is hard op oë wat gewoond is aan die groen heuwels van die Oos-Kaap. Die aarde is eindeloos plat en die lug deinserig besoedel. Oral tussen die lappe landbougrond en bloekomboom-omringde plaasopstalle lê myne.

Landbou en mynwese gorrel en stoei met mekaar in dié provinsie en die littekens is oral sigbaar. Vir elke stuk plaasgrond is daar 'n myn wat steenkool uit Suid-Afrika se vrugbaarste landbougrond skeur. “Hierdie halsstarrige verwoesting van ons land se landbouhartsgrond gaan ons nog duur te staan kom,” sê my broer terwyl ons by nóg 'n swart wond verbyry. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.