Die planeet se longe brand

DIE AMASONE

Die planeet se longe brand

Die brande in die Amasone het die laaste paar weke die hele wêreld op hol gehad. Die Franse president het dit as 'n internasionale krisis bestempel, en die Brasiliaanse president het hom liederlik vervies. Die beskuldigings het soos missiele oor die Atlantiese Oseaan gevlieg. JAN HORN het ondersoek ingestel.

Die aanloop: wat ons weet


Sowat 80,000 brande het sedert Januarie 2019 in die Amasone-reënwoud uitgebreek.
Dis ’n 84%-toename in bosbrande in die Amasone sedert 2018.
Die brande strek oor ’n gebied groter as die helfte van Europa se grondoppervlakte.
Die rookwolk verberg die son 3,000 km verder suid oor die stad São Paulo.
Pres. Emmanuel Macron van Frankryk sê die brande is ’n internasionale krisis.
Die G7-lande stel $20 miljoen vir brandbestryding beskikbaar.
Pres. Jair Bolsonaro van Brasilië wys dit van die hand en beskou dit as Europese inmenging.
Die omliggende Suid-Amerikaanse lande bied samewerking aan.
Bolsonaro stuur 4,300 troepe en brandbestrydingsvliegtuie na die gebied.
’n Omvattende heraanplantingsplan van bome word deur die VN voorgestel. 


’n Heksebrousel van aantygings..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.