Gavin Watson: van weier om stilgemaak te word tot stilmaker van ander

BOSASA

Gavin Watson: van weier om stilgemaak te word tot stilmaker van ander

Die samesweringsteorieë het dadelik begin vlieg toe Gavin Watson, die uitvoerende hoof van Bosasa (deesdae bekend as African Global Operations) vandeesweek dood aangetref is in 'n Toyota Corolla ná 'n botsing teen 'n brugpilaar digby die O.R. Tambo-lughawe. JAMES-BRENT STYAN en PAUL VECCHIATTO vertel in hul boek The Bosasa Billions: How the ANC sold its soul for braaipacks, booze and bags of cash, onder meer van Gavin en die ander Watson-broers se vroeëre geskiedenis in die Oos-Kaap.

  • 30 Augustus 2019
  • Nuus & Politiek
  • 7 min om te lees
  • artikel 20 van 32
  • James-Brent Styan en Paul Vecchiatito

[UIT hoofstuk 1] Die Watson-seuns [Gavin, Ronnie, Valence en Daniel (“Cheeky”)] was lief vir sport – veral rugby – maar vir ’n familie met hul politieke oortuigings was dít nie ’n eenvoudige ding in Suid-Afrika onder apartheid nie. Die broers het hul politieke waardes op die sportveld uitgeleef en is beskryf as “aantreklike, gimnasium-fikse, welgeklede, rugbyspelende, wedergeborene Christene... alles wat die gemiddelde bleekgesig-, ongeskeerde, 40 kg-aktiviste waarvan die wit linkses oorgeloop het, nié was nie”. Pleks van die plaaslike skool het die Watsons die aansienryke Graeme College in Grahamstad bygewoon. Hulle was spoedig staatmakers in Graeme se rugbyspanne. Veral Cheeky, wat vleuel gespeel het, het uitgestaan. In die jare tussen 1965 en 1973 was daar altyd minstens een Watson in Graeme College se eerste span.

Die sakeman Kevin Wakeford, een van die Watsons se oudste vertrouelinge en wat later uitvoerende hoof van Armscor sou word, was saam met die broers op skool en onthou die impak wat hulle op die rugbyveld gehad het: “Terwyl hulle op Graeme was, was die eerste rugbyspan onoorwinlik. In 1973 het hulle loesings uitgedeel aan omtrent elke ander skool in die Oos-Kaap, insluitend die gerespekteerde St. Andrews, Dale, Queens en Grey.

Op die ouderdom van 21 het Cheeky vir die nasionale onder 24-span gespeel wat hulle in 1976 in ’n rowwe wedstryd in Port Elizabeth taamlik goed van hul taak gekwyt het teen hul eweknieë uit Nieu-Seeland. Die Suid-Afrikaners het 15-24 verloor. Cheeky was die enigste speler uit die Oos-Kaap in die span. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.