Pretoria-betogings: uit die hart van die chaos

GEWELD IN DIE STRATE

Pretoria-betogings: uit die hart van die chaos

Betogers het vir die hoeveelste keer weer amok gemaak in die Pretoriase middestad en onder meer geboue aan die brand gesteek en winkels geplunder. KARL KEMP bevind homself onverwags op die toneel.

  • 30 Augustus 2019
  • Nuus & Politiek
  • 8 min om te lees
  • artikel 10 van 32
  • Karl Kemp

EK het ’n kortbroek, vuil ligblou kraaghemp en vellies met hoë sokkies aan; ook het ek ’n bierpens wat ek nie hoort te hê op my ouderdom nie, en ’n groot rooi baard. In kort kon ek nie meer uitgestaan het as wat ek Donderdagoggend in Pretoria se middestad het nie; ’n ooglopende Afrikaanse wit ou te midde van ’n skare juigende, fluitende, woedende swart stadsmense.

Seker dié dat die polisievrou met die kaalkop my en my selfoon so maklik kon raaksien in die skare. Sy en vier van haar makkers het ’n beweerde Nigeriese dwelmhandelaar omsingel en liggies geklap.

Die laaitie was kaalvoet en weerloos, maar die polisie het nie juis buitensporig opgetree nie. Nietemin het ek ’n video staan en neem, en onmiddellik is ek gesien, nader gesleep, my foon uit my hande gegryp en die video’s van die oggend se gebeure verwyder. Gelukkig het tegnologie al ver genoeg gevorder vir my om die data tuis te kon herwin...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.