Jý moet help keer dat Eskom se kragmaste omval

METAALDIEFSTAL

Jý moet help keer dat Eskom se kragmaste omval

Dit was nie laas week staatskaping of Eskom se geldelike verknorsing wat die verval in dié staatsinstelling in die kollig geplaas het nie. Nee, dit was ʼn enorme oorhoofse kragmas wat weens aftakeling deur vandale en skrootmetaaldiewe naby Roodepoort omgeval het. ERIKA GIBSON het die redes vir dié netelige kwessie gaan soek.

BESWAARLIK ’n dag gaan verby sonder dat ’n woongebied iewers in Suid-Afrika wroeg met ’n kragonderbreking. Soms is dit elektriese kabels wat oornag voete gekry het. Dan is dit weer ’n kragsubstasie wat ontplof het. Of die selfoonsein verdwyn ná ’n kragonderbreking omdat die diewe die steunbattery wat die selfoonmaste tydens ’n onderbreking aan die werk hou, gesteel het.

Wankelmaste

Maar ’n hele rits kragmaste wat op genade wankel omdat die staal van die grond af boontoe afgesteel is totdat dit op net vier dun beentjies balanseer, terwyl niemand oënskynlik iets doen om te keer dat hulle omval nie?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.