Kaapse pendelaars bloei terwyl owerhede (steeds) planne maak

KAAPSE VERVOERNAGMERRIE

Kaapse pendelaars bloei terwyl owerhede (steeds) planne maak

Kaapstad het ’n werkbare vervoerplan dringend nodig. Duisende mense is aan die ontvangkant van die probleme met die treindiens, misdaad, die opskorting van ’n groot busdiens en mafia-tipe taxiverenigings. Onder dié omstandighede moet almal steeds sorg dat hulle betyds by die werk kom, skryf CRYSTAL ORDERSON.

  • 06 September 2019
  • Nuus & Politiek
  • 7 min om te lees
  • artikel 10 van 33
  • Crystal Orderson

PATRICIA van Wyk het vir langer as 15 jaar met die trein van Kapteinsklip in Mitchells Plain na Bonteheuwel, en dan later na die Kaapstad-stasie gery om by haar werk as ’n bibliotekaresse uit te kom. Maar nadat sy verskeie kere aangeval en beroof is, moes sy ’n ander plan maak.

Patricia bly net 'n kilometer van ’n stasie af ,maar is nou te bang om trein te ry. Sy staan vroeg op en loop in die donker om ’n bus na die stad te kry. “Ek verlaat die huis omtrent halfses en betaal R60 per dag vir die bus. Maar ek het geen ander keuse nie, want ek kan nie laat wees vir werk nie.”

Sy bestee amper drie uur op die pad elke dag. “ ’n Mens kan nie meer op die treine staatmaak nie; dit is te gevaarlik.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.