’n Goeie week vir Lappies van Klerksdorp en Lappies die Brawe Bloeisel

VERBATIM

’n Goeie week vir Lappies van Klerksdorp en Lappies die Brawe Bloeisel

Aanhalings uit die afgelope weke se nuus.

’n Lappies teen die Engelse …

As hy by jou huis sou kom kuier, sal jy van hom hou. Hy's nie vertonerig nie, hy's beleefd, en hy maak nie moeilikheid nie – behalwe, al hoe meer, vir Engeland. “Good fun,” het Labuschagne die dag genoem. Dít was nie die eerste gedagte wat by enigiemand anders opgekom het nie.

– Gideon Haigh in The Times oor Marnus Labuschagne, die 25-jarige boorling van Klerksdorp in Noordwes wat 67 van 128 balle vir Australië aangeteken het op die eerste dag van die vierde toets van die As-reeks op Old Trafford. Dit was Labuschagne se vierde opeenvolgende toets-vyftigtal, en die Aussie-krieketheld Steve Waugh noem hom nou “die toekoms van Australiese krieket”. Labuschagne het sy beurt gespeel in gure weer, met onder meer 'n strandbal wat op 'n kol oor die kolfblad aangewaai gekom het. Die Engelse is ook in 'n bietjie van 'n harwar oor hoe om sy van uit te spreek .....

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.