Onluste in vragmotorbedryf kring uit tot enorme verliese vir...

EKONOMIE

Onluste in vragmotorbedryf kring uit tot enorme verliese vir hele streek

Geweld en onluste in Suid-Afrika eis sy tol in die vragmotorvervoerbedryf, nie net plaaslik nie, maar veral ook in buurlande waar vragmotorbestuurders die woedende wraakaanvalle moet trotseer. In Mosambiek alleen word die verliese aan handel weens die grootlikse onttrekking van vragmotorvervoer na en vanaf Suid-Afrika op nagenoeg R14.7 miljoen per dag bereken. ERIKA GIBSON ondersoek die situasie.

DIE stakings en intimidasie in die vragmotorbedryf dié week het nie onverwags gekom nie en dit het een van die sektore geword wat deur woedende betogers geteiken word.

“Sosiale media het minstens twee tot drie weke gelede al begin berig oor wat alles beoog word met wat aanvanklik ’n staking van Suid-Afrikaanse vragmotorbestuurders sou wees uit protes teen die indiensneming van buitelandse bestuurders,” sê Mike Fitzmaurice, uitvoerende direkteur van die federasie van Oos- en Suider-Afrika padvervoerverenigings (Fesarta).

Die hoofaanstokers van die staking was die All Truck Drivers Foundation (ATDF), wat in Maart ’n soortgelyke veldtog gehad het wat toe óók tot ’n vlaag aanvalle gelei het. Minstens een Suid-Afrikaner is in die geweld dood toe sy vragmotor aan die brand gesteek is...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.