En uit die mis en kerrie het Hlaudi tot almal se redding gekom ...

FANTASIEWÊRELD

En uit die mis en kerrie het Hlaudi tot almal se redding gekom ...

Met sy amperse messiaskompleks en eie woordskeppings het Hlaudi Motsoeneng, omstrede voormalige bedryfshoof van die SAUK, vandeesweek op die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping in Johannesburg neergedaal, skryf YOLANDI GROENEWALD.

HLAUDI MOTSOENENG se getuienis het ’n prentjie geskets van ’n man met hope hubris, en die geloof dat sy invloed en sjarme sy paaie vir hom gelyk sal maak. Hy is Midas, en sy visie is pure goud. Kritiek vee hy af soos mis van sy skoene. 

Dit vertel ook van iemand wat ander magtige mense se ego’s gestreel het om te kom waar hy is; hoe hy húl ambisie kon gebruik om vir homself die beste te bewimpel. 

Teen Donderdagoggend teetyd was Motsoeneng se woorde vir eers op nadat hy Maandag al begin praat het, maar sy bravade en geloof in homself nog steeds onwrikbaar ten spyte van ’n paar draaie wat hy moes gooi om sy optrede te verdedig...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos [email protected] of skakel 0860 52 52 00.

X