Groote Schuur trauma-eenheid: waar oorlog teen die dood gevoer word

HOSPITAAL-DRAMA

Groote Schuur trauma-eenheid: waar oorlog teen die dood gevoer word

Die oorlog op die strate van Kaapstad en die slagting op die paaie wat oor naweke 'n hoogtepunt bereik, spoeg sy slagoffers uit in die trauma-afdelings van die stad se oorwerkte hospitale, waar 'n meedoënlose stryd teen die dood gevoer word. ELSABÉ BRITS skryf oor haar ervaring van 13 uur in Groote Schuur se trauma-eenheid tydens ’n naweek-nagskof.

Sy eens netjiese hare is nou deurmekaar. Hy het nog niks geëet sedert 15:00 die vorige dag nie. Al wat dr. Gerbrand Lindeque en die res van die mense gedrink het, was energiedrankies en koffie, en iewers was bakkies grondboontjies.

Ná 12 uur aan diens by Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad se trauma-eenheid lyk sy gesig anders. Uitgeput tot op die nerf.

Dit is 07:00 op ’n Sondagoggend toe ek daar uitstap. Net voordat ek loop, sê Lindeque : “Ek hoor die aanhoudende gepiep [van die masjiene] wanneer ek probeer slaap. Jy gaan dit nou ook hoor.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.