KITSKENNIS: Wat jý van die SA Express-debakel wil weet

LUGDIENS-SAGE

KITSKENNIS: Wat jý van die SA Express-debakel wil weet

Die nasionale tesourie het pas ’n verdere R300 miljoen vir dié lugdiens goedgekeur, bykomend tot die R1.2 biljoen wat in Februarie in die begroting toegewys is. WILLEM KEMPEN verduidelik waarom dít so ’n slegte idee is.

SA EXPRESS en sy SAA-grootboetie word aan die gang gehou met belastingbetalersgeld, sommer baie daarvan. Dié biljoene kan elders beter aangewend word waar dit werklike ekonomiese voordeel vir die land kan meebring. 

Wat het gebeur?

SA Express is ’n onderneming in staatsbesit, so dis geen verrassing nie dat sy bedrywighede en geldsake ’n totale gemors is. Die besigheid moes die afgelope jare keer op keer vra vir nog geld of waarborge van sy “aandeelhouer” – die staat – wat al hoe minder bereid óf gewillig is om saam te speel. Vandeesweek het ’n private onderneming genaamd Mothebe Shuttle Services ’n likwidasie-aansoek teen SA Express gebring in ’n poging om ’n relatief beskeie R1.5 miljoen te verhaal wat glo aan hom verskuldig is. Einde verlede maand het die Airports Company of SA (Acsa) al SA Express se vliegtuie verhoed om te vlieg omdat die lugdiens hom meer as R70 miljoen vir landings-, parkeer- en ander dienste geskuld het. SA Express het sy bedrywighede weer hervat nadat hy ’n “gedeeltelike betaling” aan Acsa gemaak het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.