Messe, bakstene, kookwater en vuur: Ons moet die woorde vind vir ...

MONSTER IN ONS MIDDE

Messe, bakstene, kookwater en vuur: Ons moet die woorde vind vir die pyn agter misdaadstatistieke in 2019

Die laaste paar weke is ons land vasgevang in die stuiptrekkings van 'n sluimerende geweldsiekte wat soos ’n groot, wit seer oopgebars het. ANNELIESE BURGESS probeer verstaan hoe geweld Suid-Afrika se 12de amptelike taal geword het, en sê ons durf nie wegkyk nie. Ons moet die beelde van misdaad in woorde omskryf sodat ons die pyn kan erken.

ONS is gewoond aan geweld. Die angs is in ons selle ingebrand. Ons weet dit kán kom, vir elkeen van ons. Die lang skaduwee wat snags saam in ons beddens lê. Die kraak van 'n vloer, die geritsel by 'n venster, die benoude blaf van 'n hond ... 

'n Vrou vertel vir my hierdie week hoe sy snags in haar sinkhuisie in Phillipi lê en luister na die stemme en voetstappe tussen die shacks deur. Hoe sy elke klank vir tekens van gevaar probeer ontleed. Hoe bewus sy is dat die deur met een skop uit sy skaniere geruk kan word en die skaduwees sal inlaat.

Nokhutula huil saggies oor die foon. Sy is moeg en bang en moedeloos...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos [email protected] of skakel 0860 52 52 00.

X