Die eie klein koninkryk wat ‘Zuma se bulldog’ gebou het

VROT VAN BO

Die eie klein koninkryk wat ‘Zuma se bulldog’ gebou het

Aan die hart van staatskaping was die manipulasie van die nasionale vervolgingsgesag, en niemand was 'n meer bedrewe manipuleerder as Richard Mdluli nie, skryf YOLANDI GROENEWALD.

AS hoof van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid vir byna sewe jaar was Richard Mdluli 'n gevreesde en magtige man.

“Zuma se bulldog” was die een wat geweet het wat politici vir mekaar op die foon sê wanneer hulle dink niemand anders kan hulle hoor nie. Die een wat leuens oor eerlike polisiemanne versprei het om hul loopbaan te kelder. Die een wat die sleutels vir die polisie se geheime kluis gehou het. Die een sonder wie Jacob Zuma heel moontlik nooit president sou geword het nie. Sonder wie die een staatsinstelling ná die ander nie deur stropers op hul knieë gedwing sou kon word nie.

Met die regte mense as jou bondgenote, het die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping vandeesweek gehoor, kon die polisie en die nasionale vervolgingsgesag verspot maklik gemanipuleer word. Vir jare het hy die polisie en die vervolgingsgesag na sy pype laat dans en ernstige bewerings teen hom oorleef. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.