Katgriep máái onder jong polisiehondjies wat nooit ingeënt is nie

ROODEPLAAT-SKANDE

Katgriep máái onder jong polisiehondjies wat nooit ingeënt is nie

Nalatigheid en swak logistieke bestuur by die SAPD se dierehospitaal en hondeskool by Roodeplaat noord van Pretoria het gelei tot ʼn vernietigende uitbraak van die gevreesde katgriep, wat die DBV genoodsaak het om op één oggend 15 hondjies uit te sit wat toe reeds erg gely het, skryf ERIKA GIBSON.

KATGRIEP het gemaai onder die polisie se honde by Roodeplaat omdat daar maande lank geen entstowwe of medisyne afgelewer is nie.

Die polisie sê die uitbraak is eers op 5 September bevestig, ondanks die feit dat die eerste honde reeds vroeg in Augustus begin siek word het. Teen 7 September was dit ’n volskaalse krisis van so ’n omvang dat die DBV se hulp noodgedwonge ingeroep moes word. Die sentrum kon nie eens meer self sy siek hondjies uitsit nie. Teen 7 September het 28 honde reeds gevrek weens die siekte, en met die publikasie hiervan altesame 44.

Die Suid-Afrikaanse Veeartsenykundige Raad (SAVR) het al in April vanjaar tydens ’n inspeksie by die hospitaal bevind géén medisyne is vir etlike maande aan die hospitaal gelewer nie. Dit het tot “kritieke tekorte” gelei...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.