Ramaphosa, mag en nalatenskap: Hoe werk die man se kop?

WAAR IS DIE NUWE DAERAAD?

Ramaphosa, mag en nalatenskap: Hoe werk die man se kop?

Vir baie Suid-Afrikaners wat hoë verwagtinge van Cyril Ramaphosa se beloofde Nuwe Daeraad gekoester het, is hy 'n groot teleurstelling. Ander wys weer daarop dat hy, met inagneming van die stand van sy party, soveel bereik het as wat moontlik was. Maar almal wonder: Wat dryf hom aan, hoekom is hy so oorversigtig, en wat gaan regtig in sy kop aan? MAX DU PREEZ het met verskeie vriende en vyande van die president gaan gesels om antwoorde te soek.

NIEMAND, buiten miskien sy vrou, verstaan wat in Ramaphosa se diepste binneste aangaan, wat hy regtig dink en glo nie. Hy is 'n geslote boek, selfs vir sy intiemste vriende, sê mense wat hom goed ken. Dit is ook deel van sy hele politieke aanslag.

Wat wel duidelik is, is dat hy van sy hoërskooldae af al geweet het dat hy 'n leierskapsrol in die samelewing wil speel en dit het ook só gebeur. Volgens sy biograaf, Anthony Butler, het hy as tienderjarige vir die joernalis Denis Beckett gesê hy gaan eendag president word. Ek het Ramaphosa in 1984 ontmoet toe hy nog 'n vakbondleier was (hy was toe 31 jaar oud) en het self toe al geskryf dat ek die indruk kry hy glo hy gaan eendag die leier van 'n post-apartheid-Suid-Afrika word.

'n Man, dus, met 'n sterk selfbeeld, heelwat selfvertroue en baie ambisie, maar nie soseer van die megalomaniese tipe wat mag soek om mag se onthalwe nie, eerder iemand wat glo hy is gebore om 'n leiersrol te speel en 'n trotse nalatenskap te hê. Hy was 'n baie aktiewe Christen in sy jonger dae (dit is onduidelik wat sy houding vandag is); dalk het hy geglo 'n Hoër Hand het hom vir leierskap bestem...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.