Slagordes word opgestel om Mosambiek se kosbare gasvelde

INSURGENSIE

Slagordes word opgestel om Mosambiek se kosbare gasvelde

’n Berugte en geheimsinnige Russiese private militêre groep het sy verskyning in Mosambiek gemaak as deel van Rusland se pogings om sy invloed in Afrika uit te bou. Aan die ander kant van dié plofbare situasie is een van die mees omstrede Amerikaanse private militêre groepe, gesteun deur Suid-Afrikaanse huursoldate, skryf JASMINE OPPERMAN.

DIE menigte private militêre ondernemings en kontrakteurs wat van oor die wêreld heen op Mosambiek toegesak het om munt te slaan uit die konflik in die noorde van dié land, het verwarring – en amperse verlamming – veroorsaak in die Mosambiekse regering en die kantoor van die president, Filipe Nyusi.

Die militêre operateurs is losweg verdeel in groepe wat óf in die kamp is van die Russiese Wagner International/Lobyae Invest óf van die Frontier Services Group (FSG) van die Amerikaner Erik Prince. Laasgenoemde word gesteun deur die Chinese en die Lancaster 6-groep, wat in die Britse Maagde-eilande geregistreer is.

Die kontrakteurs ding mee om winsgewende regeringskontrakte om die insurgensie in die Cabo Delgado-provinsie te onderdruk, hoewel van hulle ook beveiliging bied vir private multinasionale maatskappye in dié gebied...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.