SY eet rissies saam met haar brekfis (en dra ’n botteltjie in haar handsak). Dit maak sin: ’n perfekte metafoor vir die vuurvreter van ’n agterbanker. ’n Smeulende skoot brand in die vaal, voorspelbare wêreld van parlementêre politiek.
Met haar fyn hoëhakskoene, jas met die Afrika-patroon, wilde boskasie van ’n kop en die diep lag wat uit haar rol soos branders, laat sy my onwillekeurig dink aan die aktrise Bette Midler – slim, vreksnaaks, sonder pretensie (maar minus die drama).
Liezl Linda van der Merwe (familiebynaam: Wurm) ontmoet my op ’n stil oggend tydens die parlementêre reses in haar sonder-fieterjasies-kantoor in die Marks-gebou langs die parlement. Haar kantoor is reg langs dié van Mangosuthu Buthelezi, wat onlangs afgetree het as die leier van die Inkatha-Vryheidsparty (IVP), maar vir nou nog die leisels in die parlement vashou...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos [email protected] of skakel 0860 52 52 00.