Oud-lid van 32-Bataljon het SA geheime aan Angolese verkoop, hoor hof

SPIOEN-SPIOEN

Oud-lid van 32-Bataljon het SA geheime aan Angolese verkoop, hoor hof

'n Bisarre verhaal van 'n Suid-Afrikaanse spioen wat vragte dokumente met onder meer apartheidsgeheime aan Angola gesmous het, ontvou in 'n Angolese hof, skryf ADRI KOTZÉ en JOSÉ GAMA.

'N HUURSOLDAAT en Suid-Afrikaanse spioen – 'n lid van die ou weermag se gevreesde 32-Bataljon en militêre inligting – het vragte geklassifiseerde Suid-Afrikaanse dokumente teen miljoene rande aan Angola se voormalige intelligensiehoof verkoop, het 'n Angolese hof gehoor. As dié dokumente nou in die verkeerde hande beland, kan dit boonop glo betrekkinge tussen die twee lande in die gevaar stel.

Dit is sover bekend die eerste keer dat 'n Suid-Afrikaner in die openbaar ontmasker is as 'n vermeende spioen vir Angola.

Dié opspraakwekkende maar bisarre bewerings is gemaak in die verhoor van António José Maria, eens 'n magtige en gevreesde generaal in die Angolese weermag en 'n vertroueling van oudpres. José Eduardo dos Santos. “Zé” Maria, soos wat hy in Angola bekend is, is 'n gehate man en was van 2009 tot 2017 hoof van die land se militêre intelligensiediens en  veiligheid voordat hy deur die nuwe president, João Manuel Goncalves Lourenço, in die pad gesteek is. José Maria staan tereg op aanklagte van onder meer insubordinasie, die verduistering van militêre dokumente en onbetaamlike gedrag...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.