Wat sal word van die EFF as sy leiers tronk toe gaan?

TJOEKIE TOE

Wat sal word van die EFF as sy leiers tronk toe gaan?

Daar gaan waarskynlik maar min van die EFF oorbly as Julius Malema en Floyd Shivambu in die tronk gestop word. Dít moet nou as 'n waarskynlike scenario gesien word, skryf MAX DU PREEZ, maar wat kom daarna?

OP papier is die teelaarde vir die EFF op die oomblik optimaal: ekonomiese insinking; groeiende armoede, werkloosheid en ongelykheid; swak regeringsdienste; 'n wye skeptisisme oor die legitimiteit van die staat. Suid-Afrika was in die laat 1980’s laas só ryp vir 'n revolusie.  

En tog lyk dit asof die party aan die stagneer is. Die dae dat die EFF die nasionale politieke agenda bepaal en die politieke diskoers oorheers het, is verby.

Ek dink die EFF se militante haatsaaiery het 'n versadigingspunt bereik. Die gebeure van die laaste twee jaar het die EFF se eens duidelike politieke agenda verbygesteek. Die party se teikenmark begin sy ideologiese bankrotskap raaksien. Vloek en skel en dreig is nie meer 'n nuutjie nie. Daar is nie meer daglig tussen die EFF en die Magashule-faksie van die ANC nie. En die EFF se lieflingstatus by die media is ook geskiedenis...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.