Zuma se skaduwee hang oor Denel se mislukte Tsjad-transaksie

WAPENHANDEL

Zuma se skaduwee hang oor Denel se mislukte Tsjad-transaksie

’n Transaksie van R250 miljoen waaroor die regerings van Suid-Afrika en Tsjad haaks is omdat daar ná twee jaar steeds geen pantservoertuie deur Denel gelewer is nie, is bewimpel deur ’n skaduagtige sakeman met ’n reputasie as ’n meester-swendelaar. Hy was glo ook ’n “goeie vriend” van oudpres. Jacob Zuma. ERIKA GIBSON doen verslag.

Dié dispuut oor 40 Casspir-pantservoertuie wat Tsjad bestel en deels voor betaal het, het die afgelope paar weke op die lappe gekom. Min is  bekend oor wat destyds alles agter die skerms gebeur het, maar tans word sekere Denel-werknemers wat bloot opdragte uitgevoer het, nou dissiplinêr vervolg.

Die topbestuurslede wat die transaksie help onderhandel het, het egter lank reeds spore gemaak by Denel. Hulle sluit in:


Daniel Mantshe, Zuma se prokureur wat in 2015 as voorsitter van Denel se direksie aangestel en laas jaar bedank het toe Pravin Gordhan as minister van openbare ondernemings aangestel is;
Zwelakhe Ntshepe, wat verlede jaar as uitvoerende hoof van die Denel-groep bedank het; en
Odwa Mhlwana, die Denel-groep se finansiële hoof, wat enkele maande ná Mantshe en Ntshepe afgedank is nadat hy in ’n interne dissiplinêre verhoor skuldig bevind is aan onreëlmatige besteding en verkwisting van die wapenvervaardiger se geld...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos [email protected] of skakel 0860 52 52 00.

X