Mmusi Maimane is maar net één van die DA se probleme

OPPOSISIEPOLITIEK

Mmusi Maimane is maar net één van die DA se probleme

Die land se grootste opposisieparty se onderliggende probleem is struktureel van aard: ’n onvermoë om ’n duidelike beleid te formuleer en om ’n gedeelde ideologiese visie en verbintenis tot ’n gedeelde stel waardes te ontwikkel, skryf EBRAHIM FAKIR.

  • 04 Oktober 2019
  • Nuus & Politiek
  • 6 min om te lees
  • artikel 5 van 28
  • Ebrahim Fakir

MMUSI MAIMANE is skuldig aan baie dinge: Enkeles daarvan is ’n gebrek aan omsigtige oordeel; swak en inkonsekwente leierskap gekenmerk deur bontspringery en ’n behoefte om altyd almal tevrede te stel. Dit lyk daarenteen nie of omkoopbaarheid en persoonlike korrupsie onder sy tekortkominge tel nie.

Die DA se vernaamste probleem is dat die party onseker is oor wie hy is en wat hy wil doen. Sy ontstaan met die eeuwending as ’n alliansie tussen die oorblyfsels van apartheid se stamouers – die ou Nasionale Party en die voormalige Progressiewe Federale Party uit die apartheid-era (wat op sy beurt saamgesmelt is uit die destydse Liberale Party en die Progressiewe Party) wat toe die Demokratiese Party geword het – is gedoen om die ANC in die Wes-Kaap en Kaapstad uit die mag te hou.

Die party het sedertdien gemuteer in ’n vaste formasie bestaande uit ’n spul mikropartye, insluitend Patricia de Lille se Independent Democrats, met wie hy sedertdien ’n uitval gehad het en wat hom verskeie bloedneuse gegee het, insluitend die afneem van matige kiesersteun in die Wes-Kaap...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.