Die water wil nie kom nie, maar hoop bly staan tussen stof en droogte

SEWE MAER JARE

Die water wil nie kom nie, maar hoop bly staan tussen stof en droogte

’n Gebied van 15 miljoen hektaar in die Noord-, Oos- en Wes-Kaap gaan gebuk onder wat baie mense beskou as die ergste droogte in menseheugenis – in sommige streke is die droogte in sy sewende jaar. MADELEINE BARNARD het meer gaan uitvind.

DIE aanlyn weerpredikant het die laaste paar jaar – saam met die horison – die plek geword waarna mense in groot gedeeltes van die ou Kaapprovinsie hul oë opslaan. ’n Week of wat gelede word daar goeie geluide gemaak. Daar is ’n 80%-kans vir reën, belowe hulle. Dit word later 90%. Op die Sondag gaan draai die belofte by 100%.

Die wind steek op; ons sien die blou wolke; ons hou asem op en wag vir die beloofde dans van ons suster. Die uitvlerk-windpomp oorkant die pad maak hoopvolle geluide – dit ketang-tang-tang-tang soos die wind dit rondruk. Die verleidelike reuk van water hang in die lug.

Te min..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.