Dis maak of breek vir die DA

TYD OM TE BESLUIT

Dis maak of breek vir die DA

Die keuses wat die DA die volgende twee weke uitoefen, gaan die toekoms van die opposiepolitiek in Suid-Afrika ten seerste raak, skryf MAX DU PREEZ.

IN die Griekse mitologie was Helena van Troje, die skoonste vrou op aarde en dogter van die god van donder en bliksem, Zeus, die oorsaak van die tienjarige oorlog tussen Troje en Sparta.

Die vergadering van die Demokratiese Alliansie se federale raad op 20 Oktober gaan bepaal of die party verder gaan kwyn of tog 'n kans gaan hê om te hergroepeer en in 2021 sy 26,9% van die steun tydens die plaaslike verkiesing van 2016 te behou of te verbeter.

Die paneel wat die party se swak vertoning tydens die Mei-verkiesing ondersoek het, het glo by Mmusi Maimane gaan pleit om as leier te bedank en stel voor dat die party 'n vervroegde konferensie hou om nuwe leiers te kies. Die paneel, wat deur Maimane self aangestel is, bestaan onder andere uit oudleier Tony Leon, die gewese hoofstrateeg van die party, Ryan Coetzee, deesdae 'n Londenaar, en die biljoenêr-filantroop Michiel le Roux van Capitec-faam, 'n belangrike DA-weldoener. (Skinderstories wil dit hê dat Maimane daarvan verseker is dat hy allesbehalwe armlastig sou wees as hy as leier terugstaan.)..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.