Kitskennis | So, wat is die ding met Old Mutual en Peter Moyo?

KLINK SLIM OM DIE BRAAIVLEISVUUR

Kitskennis | So, wat is die ding met Old Mutual en Peter Moyo?

Dis selde dat ’n korporatiewe twis ontaard in ’n situasie waar veiligheidswagte ’n uitgeskopte maatskappybaas by sy ou kantoor inwag om te keer dat hy aanmeld vir werk. WILLEM KEMPEN verduidelik hoe dít gebeur het.

Hoe het ons hier beland?

OLD MUTUAL se direksie, onder voorsitterskap van Trevor Manuel, voormalige minister van finansies, het Peter Moyo in Mei as die maatskappy se uitvoerende hoof geskors en in Junie afgedank weens ’n beweerde konflik van belange wat tot ’n vertrouensbreuk tussen hulle gelei het. Moyo het die skorsing en die afdanking betwis, onder meer omdat geen dissiplinêre proses teen hom gevolg is nie. Hy het gevolglik ’n skadevergoedingseis ter waarde van R220 miljoen teen die maatskappy ingestel, en ’n verdere eis van R20 miljoen teen individuele aandeelhouers in hul persoonlike hoedanigheid, en ook gevra dat die hof die lede van die direksie as misdadig (“delinquent”) verklaar.

Die hooggeregshof in Johannesburg het reeds twéé keer opdrag gegee dat Moyo tydelik as uitvoerende hoof van Old Mutual heraangestel word, en dat die maatskappy nie ’n opvolger vir hom mag aanstel nie. Moyo het hierna by drie geleenthede vir werk probeer aanmeld, maar Old Mutual het hom telkens toegang tot die bestuursuite van die maatskappy se hoofkantoor in Sandton geweier. Die maatskappy het op 21 Augustus ’n nuwe afdankingsbrief uitgereik en gesê dié keer is die letter van die wet gevolg...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.