POLITIEKE NOTABOEK: Daar’s geld vir Eskom en die SABC, maar...

POLITIEKE NOTABOEK: Daar’s geld vir Eskom en die SABC, maar nie vir die vervolging van staatskapers nie

Die Valke en die nasionale vervolgingsgesag het groot personeeltekorte terwyl die verrotte staatsondernemings hopeloos te veel werknemers het, skryf MAX DU PREEZ. Hy skryf ook oor die stinkbom van die “rogue unit” en strip sy moer vir mense wat rassisme soek waar daar niks is nie.

DAAR is genoeg geld in die staatskas om biljoene en biljoene* rande aan staatsondernemings te red wat tydens staatskaping bankrot gesteel is, maar nie 'n paar rand ekstra om ons strafregstelsel op sy voete te help sodat die skelms vervolg kan word nie?

Die eenheid wat prioriteitmisdaad ondersoek, die Valke, kort minstens 2,500 bykomende ondersoekers. Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) wat die sake voor die hof moet bring, het sedert 2015 sowat 600 aanklaers verloor, maar het te min geld om hulle te vervang.

Die minister van finansies, Tito Mboweni, lewer sy mediumtermyn-begroting oor drie weke. Dié “mini-begroting” is in die verlede gebruik om fondse te reprioritiseer. Iemand moet in pres. Cyril Ramaphosa se oor fluister dat Suid-Afrikaners se geduld op is en dat hulle nie meer die verskonings aanvaar dat die Valke en die NVG meer tyd nodig het om die impak van staatskaping te bowe te kom nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.