Zuma se goue seun Duduzane, die selfie-ster

KOMKOMMERKOEL

Zuma se goue seun Duduzane, die selfie-ster

Mens sou nie dadelik uit Duduzane Zuma se verskyning voor die Zondo-kommissie kon aflei dat hy na bewering een van die enkele grootste begunstigdes van staatskaping was nie, skryf YOLANDI GROENEWALD.

DUDUZANE ZUMA se aankoms by die Zondo-kommissie is soos ’n Hollywood-ster wat opdaag by ’n fliekpremière. Daar is geen rooi tapyt nie, maar Zuma betree die gange asof een net vir hom uitgerol is. Orals flits kameras en ’n klein groepie vroue roep sy naam sodat hy tog in hulle rigting sal kyk. Nou en dan seën hy iemand om saam met hulle ’n selfie te neem. Sy glimlag flits helder, sy styl perfek.

“Dink jy hy gaan homself speel in die fliek oor staatskaping?” skerts ’n omstander toe die aantreklike Zuma (35) al gloeiend by haar verbyloop. 

Zuma, die goue seun van oudpres. Jacob Zuma, word wyd beskou as een van die grootste begunstigdes van staatskaping. Sy vennootskap met die Gupta-broers het hom een van Suid-Afrika se rykste seuns gemaak, en hy is onlosmaaklik deel van die Gupta-sage. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.