SA is in ’n doodloopstraat – kan Mboweni ons laat omdraai?

MINI-BEGROTING

SA is in ’n doodloopstraat – kan Mboweni ons laat omdraai?

Die regering se huidige ekonomiese pad lei net na nog powere groei en swakker indiensneming. Tito Mboweni se groeiplan, daarenteen, is haalbaar en kán werklike sukses meebring. Gaan ons in die minister se komende mediumtermyn-begrotingsrede hoor dat daar iets gaan kom van dié plan? Deur AMANDA VISSER.

GOEIE nuus is daar nie: sakevertroue in Suid-Afrika is op ’n twintigjaarlaagtepunt en werkloosheid is die hoogste in 16 jaar. Februarie se ooroptimistiese groeisyfers gaan drasties afwaarts aangepas moet word. Die staat se verwagte inkomste gaan weens swak belastinginvordering digby R60 biljoen tekort skiet.

Die konsensusverwagting van ekonome wat deur Reuters genader is, is dat die begrotingstekort meer as 6% van die bruto binnelandse produk (BBP) kan beloop – dit nadat Suid-Afrikaners tydens die begrotingstoespraak in Februarie vertel is dit gaan van 4.5% in die huidige finansiële jaar (2019/20) krimp tot 4% in 2021-’22.

Nedbank se senior ekonoom Nicky Weimar sê al wat dít beteken, is dat ons nog meer sal moet leen om die boeke te laat klop. In Februarie vanjaar was ons skuld-tot-BBP-verhouding gevaarlik naby aan 60%...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.