‘Die DA gaan sterker as ooit tevore wees’

DIE DEMOKRATE SE MADIKIZELA

‘Die DA gaan sterker as ooit tevore wees’

In ’n openhartige onderhoud met CRYSTAL ORDERSON gesels die DA se Wes-Kaapse leier, Bonginkosi Madikizela, oor hoe seer partyleier Mmusi Maimane se skokbedanking hom gemaak het, oor sy goeie verhouding met Helen Zille, en hoekom hy sy naam in die hoed gaan gooi wanneer die party later vandeesmaand ’n nuwe tussentydse leier kies.

BONGINKOSI Madikizela het sy loopbaan as ’n aktivis vir die ANC begin, maar ná ’n uitval met die party se leierskap is hy deur Helen Zille vir die DA gewerf. Hy is 100% blou, sê hy.

Hy is nou reeds ’n dekade lank lid van die DA en in 2015 is hy op die provinsiale kongres as die party se adjunkhoof in die Wes-Kaap verkies. En nadat die eertydse Wes-Kaapse DA-leier Patricia de Lille in 2017 bedank het, is hy deur die provinsiale raad as die nuwe leier aangewys. Hy is tans LUR van vervoer en openbare werke.  

Toe Madikizela met Vrye Weekblad gesels het, was hy dik van die verkoue en op pad Saldanhabaai toe om die Wes-Kaapse provinsiale bosberaad by te woon. Hy was ook vasberade om die gemeenskappe aan die Weskus gerus te stel dat die DA steeds in een stuk is en nie besig is om in te plof nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.