Eskom: bedorwe eersgeborene wat die hele land dra

RAND VAN DIE AFGROND

Eskom: bedorwe eersgeborene wat die hele land dra

Die energieverskaffer se skuldlas is te groot om eens aan te dink – en die omkeerplan kan selfs met vasbyt, trane en opoffering misluk. Boonop is daar onmin aan die broei tussen die Eskom-direksie en die regering. YOLANDI GROENEWALD berig dit is net 'n wonderwerk wat kan red.

ESKOM se omkeerplan móét werk. Daar is geen ander opsie nie en daar is geen ander plan om Eskom se reusagtige skuld te delg nie. Dis reg of weg vir Eskom, en dis reg of weg vir Suid-Afrika. 

Tito Mboweni het in sy mediumtermyn-begrotingsrede verras deur Eskom se versoek te weier dat die staat ’n deel van Eskom se skuld oorneem en op sy eie balansstaat sit.

“Eskom is ’n onderneming en moet as sodanig bestuur word,” het Mboweni gesê. “Sodra ek oortuig is dat die Eskom-direksie en -bestuur ’n onherroeplike verbintenis gemaak het om die regering se besluite te implementeer en daar genoeg vordering is, kan ons oor die toepaslike grootte van nog ’n reddingsboei onderhandel.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.