Maak dwelms wettig – dis al genade

POLITICI WIL NIE HOOR NIE

Maak dwelms wettig – dis al genade

Dr. Keith Scott van die South African Drug Policy Initiative (Sadpi) sê die dekriminalisering van dwelms is die enigste manier om die Wes-Kaap se dwelmprobleem te takel. CRYSTAL ORDERSON het met hom gesels.

AVRIL Andrews weet maar te goed hoe vernietigend die uitwerking van dwelms op ’n gemeenskap kan wees. Nadat haar seun Alcardo in Oktober 2015 op 27-jarige ouderdom koelbloedig vermoor is, het sy die organisasie Mom’s Move for Justice begin.

Sy werk met ma’s wie se kinders aan dwelms verslaaf is of wat kinders weens dwelms verloor het. Sy bied ook gereelde berading vir jongmense wat van dwelms wil wegbly.

Sy woon in Hanover Park op die Kaapse Vlakte, waar bendes en dwelms ’n daaglikse werklikheid is. Net verlede week het ’n aandklokreël in dié gebied gegeld weens die bendes se voortslepende stryd om grondgebied...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.