Tito Mboweni se mini-begroting: Van ’n slegte babelas tot in...

DIE HOOP HET BESKAAM

Tito Mboweni se mini-begroting: Van ’n slegte babelas tot in die waakeenheid

Die babelas van nege jaar se staatskaping en wanregering is 20 maande later nog niks beter nie. Pres. Cyril Ramaphosa en sy span verkies om eerder te kla oor hoe kwaai die hoofpyn is as om die medisyne te drink; dis net te bitter na hul smaak. En nou het die kopseer ’n chroniese skeelhoofpyn geword en is die pasiënt op pad waakeenheid toe, skryf MAX DU PREEZ in sy ontleding van Tito Mboweni se mediumtermyn-begrotingsrede en die stand van die ekonomie.

R3,000,000,000,000, met nog R1,000,000,000,000 op pad oor die volgende twee jaar of so. R3 triljoen. Dit is hoe groot Suid-Afrika se skuldlas is. Dit is amper dubbel die jaarlikse nasionale begroting.

Die syfers dryf ’n mens na nóg drank, om by die babelas-metafoor te bly.


Die ekonomie groei teen ’n koers van net 0.5%. (Ethiopië groei teen 7.7%, Tanzanië teen 6.6% en Kenia teen 5.7%.)
Die inkomstediens het R52.5 biljoen (R52,500,000,000) minder aan belasting ingesamel as wat begroot is.
Staatskuld is gelykstaande aan sowat 60% van wat ons ekonomie jaarliks produseer (bruto nasionale produk) en gaan tot 71% in 2022/23 styg as huidige tendense voortduur.
Vir elke R1,000 wat die staat aan dienste en goedere bestee, gaan R350 na staatsamptenare se salarisse. Vir elke R100 wat die SAID aan belasting inkry, gaan R46 na staatsamptenare.
Die gemiddelde vergoeding van staatsamptenare het, met inflasie in ag geneem, met 66% tussen 2006/07 en 2018/19 gestyg.
Daar is 29,000 mense in diens van die staat wat meer as R1 miljoen elk per jaar verdien. Dit is dubbel soveel as die dag toe Jacob Zuma president geword het. Werkende Suid-Afrikaners verdien gemiddeld R250,000 per jaar.
Die amptelike werkloosheidsyfer, dit is nou van mense wat nog aktief werk soek, het na 29% opgeskiet. Dit beteken drie uit elke 10 volwasse Suid-Afrikaners wat kan werk, het nie ’n maandelikse inkomste nie, buiten dié wat R430 per maand vir kindertoelae kry.
Eise van R200 biljoen wat teen die polisie, staatshospitale en klinieke vir wangedrag of wanbestuur ingedien is, is nog nie betaal nie.
Eskom skuld R450 biljoen en val uitmekaar. Die planne om die krisis op te los is steeds in die pyplyn, en daar is nog nie ’n oplossing vir die delging van die skuld gevind nie. Daar is wyd gehoop dat Mboweni dit Woensdag sou aanspreek, maar dololo...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.