Grond: hier is die resep vir wit en swart boere se sake-sukses

SA SE MNR. POSITIEF

Grond: hier is die resep vir wit en swart boere se sake-sukses

Die Koöperasie se Henk Agenbach is die uitvoerende hoof van een van die laaste regte boerekoöperasies in die land, en die vaandeldraer vir 'n hoogs suksesvolle projek om swart boere te vestig waarvan min buite die boeregemeenskap weet. ANNELIESE BURGESS het met ‘Suid-Afrika se positiefste man’ gaan gesels.

Revolusionêre dra nie altyd swart berets en kamoefleerdrag nie. Soms dra die Che Guevaras van ons tyd blou blokkieshemde en bruin plaasstewels en woon hulle in Jeffreysbaai langs die see met twee Duitse pointer-honde. En hou hulle van die buitelewe en is hulle verknog aan hul kleinseun wat nes hulle lyk.

Henk Agenbach het egter wel een ding met Che gemeen: Hy hou van motorfietse. En dit was juis op die langpad Kilimandjaro toe dat hy 'n sielsoortuiging gekry het oor landbou wat kan help om Suid-Afrika te verander.

“Ry maak jou kop skoon; jy moet konsentreer op jou omgewing. Ek het begin opmerk dat Afrika se hele ekonomie teen die hoofpaaie is. As jy afdraai, is daar niks. Mense is desperaat, by logika verby. En dít is wat ons almal moet help verander. Veral die van ons wat hét. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.