Cyril gaan eers baas van die plaas wees as Ace Beskuldigde...

MAGSTRYD

Cyril gaan eers baas van die plaas wees as Ace Beskuldigde Nommer Een is

Cyril Ramaphosa en Tito Mboweni weet wat in die komende maande gedoen moet word, maar hulle is skrikkerig vir die reaksie van die ANC. As Ace Magashule en Kie eers aangekla is, kan die pendulum swaai, skryf MAX DU PREEZ.

IETS baie fundamenteels sal in die regerende ANC moet skuif voordat Skip Suid-Afrika omgedraai en uit die stormwaters gestuur kan word. Ek kan aan niks anders dink as dat sekretaris-generaal Ace Magashule met ’n swetterjoel aanklagte van korrupsie, diefstal en geldwassery voor die hof gedaag word nie.

Op 20 Februarie volgende jaar gaan die minister van finansies, Tito Mboweni, die nasionale begroting in die parlement voorlê. As dit nie ingrypende voorstelle bevat om die begrotingstekort aan te spreek, die staat se salarisrekening te sny en groot stukke van staatsondernemings aan die private sektor te verkoop nie, gaan die afdraande skielik baie steiler wees en die waarskynlikheid dat Suid-Afrika voor die einde van 2020 by die Internasionale Monetêre Fonds vir 'n reddingsboei moet gaan smeek, groter word.

Mboweni en pres. Cyril Ramaphosa praat al maande lank van die drastiese stappe wat geneem sal moet word om rampspoed te voorkom, maar neem geen aksie nie want daar is te veel teenstand binne die ANC en sy aliansievennote. Dié teenstand word deur Magashule en sy RET-terugvegbende uit die Zuma-dampkring gelei...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.