Die man wat Eskom kan red – ás hy die kans gegun word

KRAGKRISIS

Die man wat Eskom kan red – ás hy die kans gegun word

Andries Calitz is ’n internasionaal gerekende sakeleier in die energiebedryf. En hy het Eskom in die eerste 16 jaar van sy loopbaan van binne leer ken. Én hy het aansoek gedoen om die pos as uitvoerende hoof van SA se wankelende kragreus. Gaan hy die kans kry om te doen wat gedoen moet word?

DIE langverwagte aankondiging oor wie Eskom se nuwe uitvoerende hoof gaan wees, is vandeesweek nogmaals uitgestel.

Eskom se direksie het ’n kortlys van drie kandidate voorgelê aan Pravin Gordhan, die minister van openbare ondernemings, vir wat waarskynlik SA se mees ondankbare pos is. Dit word in die gange vertel dat Gordhan op sy beurt net een van hierdie kandidate aan die kabinet voorgelê het:  die 61-jarige Andries (Andy) Calitz, skryf Hillary Joffe in Business Times.

Die ander twee kandidate is Jacob Moroga, wat in 2007-’08 vir ’n kort tydjie Eskom se uitvoerende hoof was voordat hy bedank het en sy voormalige werkgewer onsuksesvol vir R85 miljoen gedagvaar het, en Dan Marokane, ’n voormalige hoof van kapitaalprojekte by Eskom...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.