Ivan Meyer: ’n Bestendige hand vir ’n pasiënt op die rand van die dood

NUUT AAN DIE STUUR

Ivan Meyer: ’n Bestendige hand vir ’n pasiënt op die rand van die dood

Dr. Ivan Meyer neem oor by Athol Trollip as die DA se federale voorsitter. Hy het aan CRYSTAL ORDERSON gesê dis tyd vir die DA om terug te keer na basiese beginsels, om op te hou om op sosiale media oor beleid te stry en ferm te wees oor die bou van 'n nie-rassige Suid-Afrika.

VROEËR vanjaar, voor die verkiesing in Mei, het Mmusi Maimane aangedui hy wil dalk staan as die Wes-Kaapse premierskandidaat. Dit het paniek gesaai onder die onafhanklike denkers in die party, maar Ivan Meyer, toe nog federale adjunkvoorsitter, het vir Maimane gaan sê dis nie hoe die DA se grondwet werk nie en dit gaan nie gebeur nie.

Dit het Maimane se ondersteuners onkant gevang, maar diegene wat Meyer ken, sê dit is tipies van hom – hy is 'n streng en ferm bestuurder. 

Skaars 24 uur nadat hy as die DA se tydelike federale voorsitter verkies is, was Meyer reeds op pad na die Witzenberg-munisipaliteit om mense in Ceres te besoek. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.