KITSKENNIS | Die goudprys: Dink jy in dollars, of dink jy in...

KLINK SLIM OM DIE BRAAIVLEISVUUR

KITSKENNIS | Die goudprys: Dink jy in dollars, of dink jy in baked beans?

Jy of jou pa of jou oupa het destyds op ’n goudmyn gewerk, en iewers in jou kluis of agter in jou bedkassie se laai is daai Krugerrand wat jy by jou ouma geërf het. Min Suid-Afrikaners het nié een of ander konneksie met die edelste metaal nie, skryf WILLEM KEMPEN, maar die laaste paar jaar het die goudprys gesukkel … of het dit?

Wat is die prys van goud deesdae?

DIS nie ’n eenvoudige vraag om te antwoord nie, want watter maatstaf gebruik ’n mens vir iets wat oral ter wêreld waarde het en self ook ’n betaalmiddel is? En in watter vorm meet jy dit, byvoorbeeld gegiet in stawe of in ’n verwerkte munt soos die Krugerrand? (Die prys wissel ook elke minuut van die dag tussen verskillende wêreldmarkte, maar dit daar gelaat).

Die algemeenste maatstaf in gebruik is die prys per fynons (gewig), in Amerikaanse dollar. So, gemeet in dollar was die prys van goud in (sê nou maar) 1995 minder as $400 per fynons. Ná die globale finansiële krisis van 2007 en 2008 (en daarna) het die prys kwaai geklim tot by meer as $1,000 per fynons in 2009, meer as $1,400 in 2010 en meer as $1,600 in 2012 (en tussendeur natuurlik heeltyd op en af). Met die skryf hiervan was die prys laer as in 2012 op net meer as $1,473 per fynons (https://goldprice.org/live-gold-price.html)...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.