Drie spioenvingers wys reguit na Jacob Zuma

ZONDO-KOMMISSIE

Drie spioenvingers wys reguit na Jacob Zuma

Met net een opdrag, wat onwettig en ongrondwetlik was, het oudpres. Jacob Gedleyihlekisa Zuma die tafel vir staatskaping gedek, skryf JACQUES PAUW nadat hy hierdie week na Moe Shaik se getuienis by die Zondo-kommissie geluister het.

DIE laaste stuk van die legkaart het vandeesweek by die Zondo-kommissie na staatskaping in plek geval toe twee gewese intelligensiehoofde getuig het hoe Zuma hulle verbied het om die Gupta-familie te ondersoek.

Die jaar is 2011, en in die Kaapstadse kantoor van die ministerie van staatsveiligheid word Suid-Afrika se drie spioenasiebase soos stout seuntjies voor die minister geparadeer. Hulle is Jeff Maqetuka, direkteur-generaal van die destydse Nasionale Intelligensiediens (NIA), en Gibson Njenje en Moe Shaik, hoofde van onderskeidelik binnelandse en buitelandse intelligensie.

Die minister is dr. Siyabonga Cwele, ’n geneesheer en ekonoom en lankdienende lid van die ANC. Nog belangriker: ’n geswore Zuma-lakei en -vertroueling...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.