Spioen hét Suid-Afrikaanse geheime verkoop, bevind militêre...

CUITO CUANAVALE

Spioen hét Suid-Afrikaanse geheime verkoop, bevind militêre hof in Angola

'n Voormalige Angolese generaal is vir drie jaar tronk toe gestuur nadat hy geheime by 'n Suid-Afrikaanse spioen gekoop het, berig JOSÉ GAMA en ADRI KOTZÉ.

  • 29 November 2019
  • Nuus & Politiek
  • 7 min om te lees
  • artikel 12 van 24
  • José Gama en Adri Kotzé

ANGOLA se militêre hooggeregshof het bevestig dat daar ’n “eksterne agent” – dus ’n spioen – was wat Suid-Afrikaanse militêre dokumente oor die veldslae rondom Cuito Cuanavale teen miljoene rande aan Angola se voormalige intelligensiebaas verkoop het.

Dit is die “verduistering” van dié dokumente wat daartoe gelei het dat genl. António José Maria, eens een van die mees gevreesde en brutale mans in oudpres. José Eduardo dos Santos se binnekring, drie jaar tronkstraf opgelê is in ’n militêre verhoor waarin opspraakwekkende en bisarre bewerings gemaak is oor die bedrywighede van ’n spioen – ’n huursoldaat en eens lid van die ou Suid-Afrikaanse Weermag se gevreesde 32-Bataljon en militêre inligting.  

“Zé Maria”, soos wat die voormalige intelligensiehoof in Angola bekend is, is einde verlede week skuldig bevind op aanklagte van die verduistering van militêre dokumente, maar vrygespreek op aanklagte van insubordinasie en onbetaamlike gedrag. Hy was van 2009 tot 2017 hoof van die land se militêre intelligensie- en veiligheidsdiens. Die nuwe president, João Manuel Goncalves Lourenço, het die gehate generaal in die pad gesteek toe hy aan die bewind gekom het en ’n politieke magstryd woed sedertdien tussen Lourenço en Dos Santos, asook tussen Zé Maria en Lourenço se nuwe intelligensiebaas, Fernando Garcia Miala. José Maria voer aan dat Miala agter die aanklagte teen hom en die verhoor sit...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.