Staatsondernemings: Leninistiese idees moet die skuld kry vir ...

BANKROT OF IN DUIE

Staatsondernemings: Leninistiese idees moet die skuld kry vir dié verval

Waar ondernemings in staatsbesit in die 18de eeu deel was van ’n proses om die staat uit te bou, het hulle nou verval in voertrôe vir korruptes, skryf ISMAIL LAGARDIEN.

DIE skuldvlakke, wanfunksionering en ineenstorting van Suid-Afrika se ondernemings in staatsbesit is verbysterend. Dat die staat aan hulle bly vasklou, gaan die verstand te bowe. Die hardkoppige, ideologiese dogmatisme is ’n verleentheid; tog word die staat se eienaarskap van hierdie ondernemings steeds met selfvoldaanheid verdedig.

Die nasionale lugdiens, die openbare uitsaaier, die elektrisiteitsvoorsiener, die agentskap vir nasionale paaie, die spoorpassasiersagentskap en die vervaardiger van militêre toerusting is almal in een of ander mate bankrot of andersins besig om in duie te stort.

By elkeen van hierdie ondernemings is daar ’n krisis van wanbestuur, korrupsie, ’n gebrek aan toepaslike vaardighede, ’n verlies aan produktiwiteit, politieke inmenging, en ’n obsessie met staatsbesit en -beheer...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X